Transoranje Institute for Special Education > Nuus  > Rohan Crafford – Prinshofskool

Rohan Crafford – Prinshofskool

Rohan Crafford, ontvang die toekenning vir die 2de beste akademiese prestasie van LSOB-leerders in die land. Slaag met 4 onderskeidings.

Ek dink ek het goed genoeg gedoen om bly te wees. Ek het onderskeidings waar ek hulle wou hê – in die tale.

Hy was van Graad 1 af ‘n leerder aan Prinshofskool en het Braille leer lees. Dit het vir hom nuwe wêrelde oopgemaak. Ek was altyd lief vir leer, maar lees was vir my aanvanklik niks lekker nie.

Deesdae “lees” hy oudio-boeke, wat makliker as Braille boeke bekombaar is, en boonop heelwat goedkoper.

Rohan gaan ‘n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria studeer met Engels as hoofvak, gevolg deur Duits, Latyn en geskiedenis.

Hy sê hy weet hy sal sommer gou leer om op die kampus oor die weg te kom met sy loopstok en sal mettertyd ‘n gidshond kry. – Berig in Beeld.

Share
Andries Pretorius
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.