Transoranje Institute for Special Education > Nuus  > Saam maak ons ‘n verskil…

Saam maak ons ‘n verskil…

‘n Graad 11 seun van Transvalia-skool is erg ADHD. Hy is in sy Ouma se sorg agv sy huislike omstandighede. Hy doen egter baie goed in atletiek en dan meer spesifiek landloop waar hy saam met hoofstroomskole deel-neem en uiters goed presteer. Hy het ook reeds sy Gauteng Noord kleure verwerf.

Ouma het egter nie die fondse om vir hom hardloop-skoene en klere te koop nie.
Met fondse wat TOIBO van die susterverenigings ontvang het, is sy skoene en klere aangekoop.
Sy skoene moet egter elke 8 maande vervang word omdat hy daagliks tussen 5 en 7 km aflê en gereeld aan wedlope deelneem.

Share
Andries Pretorius
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.