Transoranje Institute for Special Education > Nuus  > KLEIN HELD WORD VEREER

KLEIN HELD WORD VEREER

Thapelo Tambani was ‘n 9 jarige dowe graad 4 leerder aan die Transoranje-skool vir Dowes in Pretoria-Wes.  Op 28 Februarie 2018 het Thapelo soos gewoonlik na skool saam met sy maats gaan speel.  Hy was woonagtig in Soshanguve, Noord van Pretoria.

Hulle het op ‘n sandhoop gespeel naby ‘n konstruksie terrein toe een van sy maats gegly en in ‘n watergevulde sloot beland het.    Thapelo het nie gehuiwer nie en sy maat, wat in die modder vasgesit het, gehelp.   In die proses het hy egter self in die sloot ingegly en verdrink.

Thapelo se heldedaad dien vir ons almal as voorbeeld.

TOIBO het Thapelo genomineer vir The Order of Mendi for Bravery vir sy onselfsugtige daad waarin hy sy lewe verloor maar die van sy maat gered het.

Op 3 April het die Presidensie bekendgemaak dat genoemde dekorasie in Silver, postuum aan hom toegeken gaan word.

Share
Andries Pretorius
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.