Die KHF Trustfonds is gestig deur mnr RE Erasmus, oupa van wyle Johannes Stephanus Celliers, wat op 9 Augustus 1973, op 2-jarige ouderdom, oorlede is onder narkose tydens ’n mangeloperasie.
Ter nagedagtenis aan sy kleinseun, het mnr Erasmus die Klein Hannes Fanus Trustfonds gestig om toerusting aan te koop vir die volgende skole wat buitengewone onderwys bied:
- Transoranje-skool vir Dowes
- Prinshofskool vir Gesiggestremdes
- Sonitusskool vir Gehoorgestremdes
- Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid
- Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraal Gestremdes
Jaarliks word ’n bedrag, soos bepaal deur die Trustees, aan een van die skole toegeken. Fondse wat vir hierdie doel beskikbaar gestel word, word verkry uit rente wat verdien word uit beleggings. Die toekenning aan die skole vind plaas op ’n rotasiebasis.
U BYDRAE MAAK ‘n VERSKIL – ONDERSTEUN ONS!
Die Fonds word geadministreer deur die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys.
Donasies kan gestuur word aan: Die KHF Trustfonds Posbus 13383 HATFIELD 0028 |
Inbetalings kan gedoen word aan: KHF Trustfonds Bank: Absa Bank Takkode: 632 005 Rekeningnommer: 2945 2490 Verwysing: U naam |
Om ’n Artikel 18A-kwitansie te ontvang (belastingaftrekbaar), stuur u bewys van inbetaling tesame met u besonderhede aan genoemde adres.
Trustees: |
Dr PH Heystek (voorsitter) Mev BS Celliers Mnr RE Erasmus Mev L Adlam Mev CE Jooste |