Die Instituut is gestig op 13 Maart 1947. Die doel was om ’n skool vir dowes te begin vir kinders in die Noorde. Die eerste skool wat gestig is, was die Transoranje-skool vir Dowes, op 16 Augustus 1954. Dit was egter duidelik dat die Instituut ook ander skole sou moes open vir kinders met ander gestremdhede.

VISIE
Behoeftegedrewe Christelike barmhartigheidsdiens vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
MISSIE
Om leerders met spesiale onderwysbehoeftes in die vyf Instituutskole dmv fisiese hulpbronne en diens in staat te stel om hul potensiaal te verwesenlik binne ‘n Christelike etos.
ONDERSTEUNING DIE VOLGENDE SKOLE
Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes – Bloemfontein
Prinshofskool vir Gesiggestremdes – Pretoria middestad
Sonitusskool vir Gehoorgestremdes – East Lynne
Transoranje-skool vir Dowes – Pretoria-Wes
Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid – East Lynne
U BYDRAE MAAK ‘n VERSKIL – ONDERSTEUN ONS!
Ons Skole




