Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes

Hoof: Mnr Francois van Heerden

Agtergrond
Martie du Plessis is ’n skool vir serebraal gestremde, fisiek gestremde en leergestremde leerders. Die skool is gesetel aan die voet van Brandkop in die hartjie van Bloemfontein. Die skool het in 1957 ’n nederige ontstaan gehad as ’n diagnostiese sentrum en ontvang die eerste voltydse leerders in 1962.

Wat is ons droom?
By Martie du Plessis besef ons dat leerders en ouers by ons kom aanklop met versplinterde drome sonder hoop. Daarom definieer ons dit wat ons doen op die volgende wyse: “Ons is herbouers van drome en gewers van hoop” vir ouers en leerders.

Die kurrikulum wat ons volg
Die skool volg die normale hoofstroomsillabus en bied parallelmediumonderrig in Afrikaans en Engels aan leerders van graad R tot graad 12.

’n Holistiese benadering
Ten einde elke leerder se potensiaal te verwesenlik, beskik die skool oor ’n volledige multidissiplinêre span wat verseker dat elke kind holisties bemagtig word. Die span bestaan uit sielkundiges, ’n maatskaplike werker, arbeidsterapeute, spraakterapeute, fisioterapeute, ’n ondersteuningspan van remediërende onderwysers, ’n verpleegkundige en mediese spesialiste wat op ’n sessiebasis vrywillige klinieke by die skool aanbied.

Die skool beskik ook oor goed toegeruste sportfasiliteite en ’n toegeruste koshuis vir leerders wat nie in Bloemfontein woon nie.

Toelating tot die skool
Toelating tot die skool word oorweeg deur die skoolgebaseerde assesseringspan van die skool waar die leerder in daardie stadium ingeskryf is. Hierdie span verwys dan die aansoek vir moontlike plasing in Martie du Plessis na die distriksgebaseerde ondersteuningspan.

Enige verdere navrae kan gerig word aan die skool se Sielkundedepartement.

Kontak Besonderhede Fisiese Adres Posadres
Telefoonnommer: 051 522 6801
Faksnommer: 051 522 6865
E-posadres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Webblad: www.martieduplessis.co.za
Du Plooysingel 91
Fichardtpark
Bloemfontein
9301
Posbus 3185
FICHARDTPARK
9317