Toibo Nuus - Julie 2017

TOIBO was die afgelope maand besonder geseën met al die skenkings wat ontvang is. Van oraloor het die susters kom aflewer – NG Kerk Sanddrif die mooiste matriekafskeidrokke asook baie ander klere, Gereformeerde Kerk Rietvallei splinternuwe warm baadjies, NH Kerk Secunda pakkies met skryfbehoeftes en ’n lekker warm serp, Gereformeerde Kerk Kroonstad serpe, handskoene en musse, en NG Kerk Sasolburg-Sentraal serpe en handskoene. Vir die kleuters het Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn die oulikste poppies gebrei.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

FaLang translation system by Faboba