Toibo Nuus - November 2017

Die Kersseisoen is op hande en dis tyd om ons werksaamhede af te sluit vir ’n welverdiende rustyd. Dankie dat u hierdie jaar saam met ons 70 jaar van OMGEE en GENADE gevier het. Kinders met ’n gestremdheid is baie spesiaal en dit is en bly ’n voorreg om hul lewens aan te raak en ’n verskil te maak.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Toibo Nuus - September 2017

NG Kerk Wierdapark-Suid het op 2 September 'n gemeentefees aangebied. Shanay Coetzer, 'n blinde dogter van Prinshofskool, het opgetree. Projek Hartklop het ook 'n hupstoot gekry met 'n skenking van R1113.25 (sente) en R1500 deur die Jeugbediening.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Toibo Nuus - Augustus 2017

Ons het die afgelope maand die voorreg gehad om TOIBO se 70ste bestaansjaar by drie van die Instituutskole te vier. Elke skool het ’n geskenk van R70 000 ontvang, en die Boom van die Jaar, die blinkblaar- wag-’n-bietjie, is as simbool van hoop geplant.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Toibo Nuus - Julie 2017

TOIBO was die afgelope maand besonder geseën met al die skenkings wat ontvang is. Van oraloor het die susters kom aflewer – NG Kerk Sanddrif die mooiste matriekafskeidrokke asook baie ander klere, Gereformeerde Kerk Rietvallei splinternuwe warm baadjies, NH Kerk Secunda pakkies met skryfbehoeftes en ’n lekker warm serp, Gereformeerde Kerk Kroonstad serpe, handskoene en musse, en NG Kerk Sasolburg-Sentraal serpe en handskoene. Vir die kleuters het Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn die oulikste poppies gebrei.

Kliek hier om die volledige nuusbrief te lees.

Jaarverslag 2016/2017

Kliek hier om die jaarverslag te lees.

Finansiële state 2015

Kliek hier vir die 2015 finansiële state.

Jaarverslag 2015/2016

Kliek hier om die jaarverslag te lees.

MATRIKULANTE VAN 2015 VERVUL ONS MET TROTS!

Altesaam 32 onderskeidings is behaal en 3 beurse is toegeken. Prinshofskool het vir die 20ste agtereenvolgende jaar 'n 100%-slaagsyfer behaal.

Lees verder...

Jaarverslag 2014/2015

Kliek hier om die jaarverslag te lees.

Finansiële state 2014

Kliek hier vir die 2014 finansiële state.